Regering bedank Tanzanië vir samewerking: Thabo Bester en dr. Nandipha Magugumana

Deel hierdie storie / Share this story

Die regering van Suid-Afrika het die regering van Tanzanië bedank vir sy samewerking in die saak wat verband hou met die arrestasie en die proses van deportasie van Thabo Bester en dr. Nandipha Magugumana.

“Ons sal poog om hierdie vlak van samewerking met ander lande in gebiede na te volg van wedersydse regshulp en verwante sake. Die hoëvlak-afvaardiging gelei deur die departement van binnelandse sake wat na Tanzanië gestuur is op Maandag 09 April 2023 het die deportasie van die voortvlugtiges suksesvol afgehandel. Ons kan bevestig dat hierdie voortvlugtiges na Suid-Afrika terugbesorg is. Mnr Thabo Bester is weer in die Kgosi Mampuru Central Maximum-korreksie opgeneem en dr. Nandipha Magudumana is in hegtenis geneem, hangende haar eerste hofverskyning,” lui ‘n verklaring.

Lees die volledige verklaring hier: