Manie Jackson toe nie in hospitaal opgeneem nie

Deel hierdie storie / Share this story

Manie Jackson, Suid-Afrikaanse sanger, is toe nie in die hospitaal opgeneem soos aanvanklik berig is nie.

Mara van der Bergh het op sosiale media die amptelike regstelling gemaak.

“Graag wil ons net ‘n amptelike regstelling maak, en almal verseker dat Manie Jackson nie tans in die hospitaal opgeneem is, soos aangekondig nie.

“Manie se vrou, Christel Jackson, is wel Dinsdagoggend opgeneem by Netcare Pretoria-Oos-hospitaal, waar sy tans toetse ondergaan weens die feit dat sy sedert 2017 blackouts kry, nadat sy ‘n kaakvervanging ondergaan het en sy daagliks in erge pyn verkeer.

“Vroeër die jaar was sy ook opgeneem weens haar 12 jaar lange stryd teen lupus SLE, en het sy ook bygaande outo-immuun siektes soos rumatoiede artritis, fibromalgie, sistositis, Sjogren-sindroom en trigeminale neuralgie..

Die Jacksons bedank ook almal vir hul gebede en belangstelling, asook in besonder die werkers van Netcare Pretoria Oos, dr. Johan Venter, dr. Thomas Gray en dr. Neelay Ranchod, vir hulle wonderlike behandeling oor die afgelope jare.

Manie Jackson se optredes gaan steeds voort vir die naweek, en hy sal in Baberton, asook Sondagmiddag in Hekpoort te sien wees.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel