‘n Fotograaf van Gauteng se netelige situasie word wyd versprei en selfs in internasionale media bespreek nadat skermgrepe van dié fotograaf se WhatsApp-gesprek met ‘n kliënt bekend geraak het.
In dié boodskappe vra die kliënt die fotograaf of hy kan onthou dat hy haar en haar man se troufoto’s vier jaar gelede, in 2019, geneem het.
Wanneer die fotograaf dan sê ja, kom die vrou met ‘n vreemde eis…
“Wel, ek is nou geskei en daardie foto’s het ek en my eksman nie meer nodig nie,” sê sy. “Jy het ‘n wonderlike werk verrig met die foto’s, maar dis nou net gemors, aangesien ons nou geskei is. Ek verwag ‘n terugbetaling van die bedrag wat ons betaal het, want ons het dit nie meer nodig nie.”
Die kliënt hou dan verder vol dat sy prokureurs gaan nader om die saak uit te sorteer en dat sy ‘n terugbetaling verwag.
Hoe sou jý in so ‘n situasie reageer?





