‘n Man (83) het vanoggend op twee klagtes van beweerde onsedelike aanranding in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Eric Ntabaxalila, woordvoerder vir die NVG in die Wes-Kaap, sê die staat beweer dat die twee voorvalle in 1988 by ‘n skool in die suidelike woongebiede van Kaapstad plaasgevind het.
Die beskuldigde, wat op waarskuwing vrygelaat is, word ook in die Verenigde Koninkryk op soortgelyke beweerde klagtes gesoek.
Ntabaxalila sê hy is besig om teen sy uitlewering te baklei.
Die saak is vir verdere ondersoek tot 6 Junie 2023 uitgestel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



