Lees ook: EFF kritiseer NPA, SAPS vir terugtrek van aanklagtes teen moordbeskuldigdes in Hillary Gardee-saak
Die misdaadboek skywer Anne Perry, wat as tiener gehelp het om haar vriendin se ma te vermoor, is oorlede op die ouderdom van 84.
Anne Perry is in ‘n Los Angeles-hospitaal oorlede na sy vir maande agteruitgegaan het na ‘n hartaanval in Desember.
Perry was vir vyf jaar in die tronk vanaf die ouderdom van 15 na sy Honorah Mary Parker help doodslaan het in 1954. Perry en Pauline Parker het Parker se ma meer as 20 keer met ‘n baksteen geslaan om te keer dat hulle geskei word, omdat Parker se ouers haar oorsee wou stuur.
Perry het verskeie reekse geskryf. Haar eerste boek is in 1979 gepubliseer. Meer as 25 miljoen van haar boeke is wêreldwyd verkoop.
Bronne: BBC, The Guardian. Independent
Lees ook: EFF kritiseer NPA, SAPS vir terugtrek van aanklagtes teen moordbeskuldigdes in Hillary Gardee-saak



