Sean Domingos Maxwell (41) word sedert 4 Julie 2022 om ongeveer 12:00 van die plek waar hy in Kameeldrift-Wes in Hercules, Pretoria gebly het, vermis.
Die Hercules-SAPD se saaknommer is 02/09/2022.
Maxwell was te voet en is nog nooit weer gesien nie. Sy familie wil graag met hom herenig word.
Hy is slank gebou, het ‘n Chinese tatoe op sy linkerarm en was geklee in ‘n grys of swart sweetpak met seilskoene. Sy oë is bruin van kleur en hy het ligtebruin hare. Hy is 1.7 m lank en weeg 65 kg.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met die volgende persone in aanraking kom:
Ondersoekbeampte – Konst. Apanane: 012 377 4921
Carina Bam: 071 243 3065
Ivy Connor, sy ma, sê geen persoon kan net verdwyn nie. Sy kan by 083 463 3477 gekontak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



