‘n Meisie (ouderdom onbekend) se liggaam is Sondagoggend in ‘n oop veld op Fisantekraal, Wes-Kaap gevind.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê Durbanville-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.
‘n Nadoodse ondersoek sal plaasvind om die oorsaak van haar dood vas te stel.
Die polisie-ondersoek duur voort.
Enigiemand met inligting oor die insident word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



