‘n Leerling aan Laerskool Jeffreysbaai is oorlede.
Die skool het die nuus op Facebook bekendgemaak.
“Ons aardse lewe kan in ‘n oogwink van ons weggeneem word en die pyn van geliefdes wat agterbly is onbeskryflik. Mischa Beukes, kosbare graad 6-maatjie, is oorlede en die personeel en leerders van Laerskool Jeffreybaai is hartseer en geskok.
“Ons innige simpatie aan haar familie en naasbestaandes. Mag God julle toevou in Sy vertroostende arms van genade. Rus in vrede, Mischa.”
(Fotokrediet: Laerskool Jeffreysbaai, Facebook)



