Die Voortrekkermunument in Pretoria het Saterdag 8 April 2023 gehelp om Herman en Antoinetta du Plooy getrou te kry.
Volgens die Voortrekkermonument se plasing op sosiale media het Du Plooy se paaie met diรฉ van Jacques Papenfus, die eienaar van ‘n nie-winsgewende organisasie, gekruis, wat ‘n droom met behulp van die Voortrekkermonument sou verwesenlik.
Hulle het in Februarie ontmoet en Du Plooy het vir Papenfus vertel hy wil graag met sy verloofde trou.
So gesรช en so gedoen. Papenfus het dadelik skouer aan die wiel gesit en siedaar – die paartjie is by die Voortrekkermonument, wat gereeld saam met liefdadigheidsorganisasies projekte aanpak, getrou.
Lees die volledige verklaring van die Voortrekkermonument hier:
๐๐ข๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐ฅ๐ฉ โ๐ง ๐๐ ๐ฃ๐๐๐ซ ๐จ๐ฎ๐ ๐๐ซ๐จ๐จ๐ฆ ๐๐๐ฐ๐๐๐ซ๐ก๐๐ข๐
Op Saterdag (8 April) staan Herman du Plooy in โn groen pak en kyk op na die Voortrekkermonument (VTM); senuweeagtig maar vol hoop vir die toekoms.
Die VTM is al vir jare โn gewilde troubestemming in Pretoria, maar die sprokiesverhaal wat die afgelope naweek hier afgespeel het, sal nog lank onthou word.
Toe Du Plooy vroeรซr vanjaar pakkies springmielies langs die pad verkoop het vir โn ekstra inkomste, vertel hy, sou hy nooit kon raai dat hy skaars โn paar maande later โn sprokiestroue saam met die vrou van sy drome, Antoinetta, sou hou nie, en die naweek is hul dekade-oue droom uiteindelik verwesenlik.
โEk en my vrou het aan die begin van die jaar nog baie gesukkel; ek was werkloos en sy was afgetree, so ek moes maar langs die pad springmielies verkoop vir โn ekstra inkomste, toe ontmoet ek daar โn man wat ons lewens onherroeplik sou verander, Jacques Papenfus,โ het hy vertel.
Papenfus is die eienaar van โn nie-winsgewende organisasie, Moeggesukkel, en toe hy in Februarie vanjaar Du Plooy ontmoet, het hy dadelik geweet โDu Plooy is iemand met wie mens โn pad kan stap.โ
โEk is al vir jare betrokke by liefdadigheid, tog het ek eendag besef die Here roep my dalk tot iets groter en ek het besef ek moet dieper begin kyk na die wรชreld en die mense rondom my,โ het Papenfus vertel.
โToe ek vir Herman ontmoet het, het ek besef hier is โn man met wie ek โn pad kan stap en toe ek hom vra wat hy die graagste op aarde wou hรช, het hy bloot geantwoord โom met my verloofde te trou.โโ
Papenfus het dadelik begin rondbel en verskeie borge genader om te help met alles, van blomme, spyseniering, โn rok en โn pak en ook die venue โฆ
In Maart vanjaar het die span ook kontak gemaak met FC Pelser, kommunikasiebeampte by die VTM, na hulle โn radiogesprek oor die monument geluister het en so het die VTM ook die kans gekry om betrokke te raak by die omgeeprojek.
โVan die VTM se kant af is ons โn kultuurtuiste wat glo in die gemeenskap en die gemeenskap wat moet saamstaan,โ het Pelser vertel.
โOns werk gereeld saam met liefdadigheidsorganisasies waar ons verskeie projekte aanpak en toe ons genader word deur Moeggesukkel het ons besef hierdie is โn goeie manier om terug te ploeg in die gemeenskap en weer bietjie hoop te saai. Herman en Antoinetta se verhaal is een wat baie mense geraak het en die VTM is werklik trots om deel te kon hรช daaraan.โ
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



