Twee mans is Sondagaand dood toe die bestuurder van ‘n bakkie beheer oor die voertuig verloor het en in ‘n boom vasgery het.
Volgens ER24 het die ongeluk op die Weilbach-pad in Meyerton plaasgevind.
Paramedici het na 22:00 op die toneel aangekom waar die Midvaal-brandweer reeds op die toneel was. ‘n Twee mans was in die bakkie, wat teen die boom tot stilstand gekom het, vasgekeer.
Spesiale toerusting is gebruik om die mans uit die voertuig te bevry. Beide mans is op die toneel dood verklaar nadat paramedici vasgestel het niks kan vir hulle gedoen word nie.
Omstandighede rakende die ongeluk is nog nie bekend nie, maar owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



