Die polisie in Giyani, Limpopo, ondersoek ‘n moordsaak na ‘n 34-jarige verdagte glo sy 23-jarige eks-meisie met klippe doodgegooi het.
Volgens die polisie is die slagoffer ook glo die ma van die verdagte se kind. Die moord het op 8 April omstreeks 03:00 plaasgevind.
Die polisie vra ook Ceaseman Dala Chauke (34) om sy naaste polisiestasie te nader omdat hy met die ondersoek kan help.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 082 414 6709 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



