IPSS Medical Rescue is Sondag na ‘n insident op die strand by Tiffany’s Beach ontbied waar die lewelose liggaam van ‘n man in die water ontdek is.
Met paramedici se aankoms op die toneel kon hulle vasstel die man het ‘n kopbesering in die see opgedoen, wat veroorsaak het dat hy sy bewussyn verloor het.
Die man is deur omstanders uit die water gehaal en KPR is vir ongeveer 10 minute deur vrywilligers op hom toegepas.
Paramedici het met hul aankoms gevind die man het ‘n hartklop gehad en asem gehaal. Hy is op die toneel gestabiliseer voor hy na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



