Die glanspaar Steffi en Clint Brink se babadogtertjie is dié week gebore. Die paartjie het die blye nuus op Paassondag bekendgemaak.
Arielle Harmony Brink is Donderdagoggend om 06:43 gebore.
“Dankie, Jesus, vir nuwe lewe.”
“Welkom in die nuwe hoofstuk in die lewe van #DieBrinks, met baba Arielle wat die produk en die middelpunt van ons liefde vir mekaar en vir God is.”
“Vir ‘n kind het ons gebid, en Hy het gehoor.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



