Sestien beseer toe afleweringsvoertuig rol

Deel hierdie storie / Share this story

Altesaam 16 mense is Sondagoggend ongeveer 24 km buite Ladysmith beseer toe ‘n ligte afleweringsvoertuig op die N11 naby die Elandslaagte-afdraai gerol het.

ER24-paramedici en ander nooddienste was om 08:37 op die toneel waar die voertuig regop in die veld aangetref is. Verskeie volwassenes het in die pad en om die voertuig rondgelê.

Paramedici het die beseerdes op die toneel geassesseer en bevind dat sewe in ‘n kritieke toestand was. Nege ander het ligte tot matige beserings gehad.

Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na die Ladysmith- provinsiale hospitaal geneem is.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel