Vier verdagtes, insluitend ‘n pa en seun, is in hegtenis geneem en ‘n vuurwapen gekonfiskeer ná ‘n huisroof wat Vrydagaand in Plaseng Village plaasgevind het.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die pa en seun het na bewering die twee mans betaal om die slagoffer te beroof.
‘n Polisieondersoek sal gedoen word om vas te stel of die pa en seun by ander roofsake betrokke was.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



