*WAARSKUWING: Foto’s nie vir sensitiewe lesers nie
‘n Ongeïdentifiseerde man is Saterdagaand by ‘n behuisingskompleks in Cornubia, KZN, vermoor.
Inwoners het die skietery omstreeks 20:27 by Reaction Unit South Africa (Rusa) aangemeld. Met hul aankoms het beamptes die man se lewelose liggaam gevind.
Besonderhede rakende die moord is vermoedelik dwelmverwant, maar dit moet nog bevestig word.
Getuies het berig dat hulle die gewapende man in ‘n silwer voertuig (fabrikaat, model en registrasie onbekend) sien vlug het. ’n 9 mm- gebruikte patroon is op die toneel gevind.
’n Saak van moord word ondersoek.



Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



