André Scholtz (76) is Saterdagaand 1 April 2023 ongeveer 18:00 vermoor in sy huis op ‘n kleinhoewe in Christiana, Noordwes provinsie aangetref.
Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê die oorledene het alleen gewoon.
“Onbekende verdagtes het sy huis binnegegaan en hom aangerand.”
Hy het sigbare beserings aan sy linkerbeen gehad.
Funani sê dat dit tans onduidelik is hoe hy gesterf het. Daar word op die nadoodse ondersoekverslag gewag.
Hy het geen steek-of-skietwonde gehad nie.
‘n Saak van huisroof en moord word ondersoek.
Geen arrestasies is gemaak nie.
Die ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



