Emer-G-Med-paramedici het Donderdagaand gereageer op twee voorvalle op die N1 in Pretoria-Oos, slegs ‘n paar kilometer van mekaar af.
Die eerste botsing het in die omgewing van die Garsfontein-afrit plaasgevind. Nege voertuie en ‘n vragmotor was by die botsing betrokke. Net een pasiënt het matige beserings opgedoen en is deur Emer-G-Med se paramedici behandel en na ‘n mediese fasiliteit geneem.
Die tweede botsing het in die omgewing van die Stormvoël-afrit plaasgevind. Drie voertuie en ‘n sleepwa was by dié botsing betrokke. Sewe mense het beserings opgedoen wat wissel van matig tot ernstig. Die beseerdes is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere sorg.



