‘n Man in sy 40’s is tans in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Woensdag verskeie keer in sy bolyf geskiet is in ‘n gewapende rooftog by ‘n mall in Centurion.
Emer-G-Med-paramedici het omstreeks 14:15 Woensdag ‘n oproep ontvang oor die skietery wat by ‘n gewilde mall in Brakfonteinstraat plaasgevind hetm
Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle ‘n man aangetref wat verskeie skietwonde in sy bolyf gehad het. Hy is gestabiliseer voor hy in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal vir behandeling geneem is.
Paramedici kon vasstel die man is tydens ‘n gewapende roof geskiet.
Die polisie ondersoek die saak.



