Lees ook: Regsstudent glo vermoor terwyl hy passasiers rondry vir Bolt
Vyf verdagtes, insluitend ’n tiener, is in hegtenis geneem vir die moord op die Bolt-bestuurder Euston Mnguni.
Euston Mnguni het onlangs sy regsgraad by die Universiteit van Johannesburg voltooi en het tydelik by Bolt gewerk. Hy is doodgeskiet na hy glo kriminele opgelaai het wat hulleself as kliënte voorgedoen het en hom probeer kaap het.
Mnguni het hulle op 24 Maart by Glen Austin, Midrand opgelaai. Hy is doodgeskiet en sy liggaam in die Midrand-gebied gekry.
’n Verdagte (39) is Donderdag in hegtenis geneem en nog vier verdagtes is die naweek in Ivory Park aangekeer. Hulle het Mnguni se voertuig in hulle besit gehad.
Die verdagtes het Maandag in die Alexandra-landdroshof verskyn op aanklagtes van moord, kaping en die besit van ’n vermoedelike gesteelde voertuig.
Bronne: IOL, Sowetan LIVE, VN Explorer
Lees ook: Regsstudent glo vermoor terwyl hy passasiers rondry vir Bolt



