Video: Motoris vermy kop-aan-kop-botsing met munisipale voertuig

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Motoris van Oudtshoorn moes vir ‘n munisipale voertuig uitswaai om ‘n botsing reg van voor te vermy.

André Eksteen van De Rust in die Wes-Kaap het Woensdagoggend ‘n nare ondervinding gehad wat hom boonop met skade gelaat het.

Die video wat hy gedeel het, is intussen deur Arrive Alive gedeel.

Eksteen sê in sy plasing dat ‘n voertuig van Oudtshoorn-munispaliteit op ‘n blinde hoogte op ‘n dubbele sperstreep verby ‘n vragmotor gejaag het.

Hy en ander padgebruikers moes van die pad ry om ‘n kop-aan-kop-botsing te probeer vermy.

Sy bakkie se twee bande is beskadig en hy sê die munisipaliteit se voertuig het van die toneel weggejaag.

Hy spreek sy dankbaarheid uit teenoor almal wat kopgehou het om ‘n ongeluk te probeer vermy.

“Dan vra mense nog hoekom is daar so baie ongelukke in Oudtshoorn? Kyk maar na die mense wat die voorbeeld moet stel se gedrag. Steek verby oor sperstrepe, jaag weg van die toneel en los ander met die skade.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel