Nie vir sensitiewe lesers nie!

‘n Sersant (35) het homself Woensdagoggend by Brits-polisiestasie in Noordwes oorhandig vir die beweerde moord van sy swanger gewese vrou.
Brig. Sabata Mogwabone, polisiewoordvoerder, sê die sersant is by Rapid Rail in Silverton, Pretoria gestasioneer en woon in Ga-Rankuwa.
Na bewering het die sersant na Brits-hospitaal gegaan waar sy vrou as ‘n skakelbordoperateur gewerk het. Sy was glo by die hek toe hy na bewering verskeie skote op haar afgevuur en sy onmiddellik dood is.
Hy het homself daarna oorgegee. Daar word verwag dat hy binnekort in die Brits-laddroshof sal verskyn.
Die motief vir die insident is tans nog onbekend.
‘n OPOD-ondersoek is onderweg.
Lt.genl. Sello Kwena het die insident veroordeel en het medelye aan die slagoffer se familie en vriende oorgedra.
Lede word dringend herinner om van die dienste van Employee Health and Wellness (EHW) en ander professionele dienste gebruik te maak indien nodig, aangesien hierdie die tweede soortgelyke voorval in minder as ‘n maand is waarin polisiebeamptes betrokke is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



