Vermoorde hoofman Mnisi sou glo vervolg word in saak oor renosterstroopsindikaat

Deel hierdie storie / Share this story

Hoofman Clyde Mnisi van Mpumalanga, wat verlede week doodgeskiet is, was glo die middelman in ‘n renosterstroperysindikaat by die Kruger Nasionale Park.

Daar was glo ook polisiebeamptes en ‘n kingpin betrokke. Dit is die saak wat aanklaers na die Mpumalanga-hooggeregshof sou neem waar Mnisi en sy medepligtiges dié maand sou verskyn.,

Mnisi is op 26 Maart langs die Kruger-Mpumalanga- internasionale lughawe doodgeskiet in wat vermoedelik ‘n sluipmoord was. Sy vrou, Charlene Felicity Matthews, is twee dae na sy begrafnis in hulle huis doodgeskiet.

Bronne: Times LIVE, 15 Minute News, The World News

Lees ook: Chief Clyde Mnisi se weduwee doodgeskiet dae na sy begrafnis