Chief Clyde Mnisi se weduwee doodgeskiet dae na sy begrafnis

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie, insluitend ma en eenjarige dogtertjie, in KZN doodgeskiet

Die weduwee van hoofman Clyde Mnisi is Dinsdagoggend in haar huis doodgeskiet.

Volgens die polisie se inligting het gewapende verdagtes haar woning binnegedring en haar verskeie kere in die kop geskiet. Hulle het ook verskeie skote op twee manlike familielede geskiet, wat na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling.

Die motief vir die moord is onbekend en nog niemand is vir die weduwee se moord of haar man se moord in hegtenis geneem nie.

Hoofman Clyde Mnisi is 26 Maart 2023 op die lughawepad langs die Kruger-Mpumalanga- internasionale lughawe naby Witrivier doodgeskiet .

Bronne: SAPS, IOL, Mpumalanga Press

Lees ook: Drie, insluitend ma en eenjarige dogtertjie, in KZN doodgeskiet