Twee verdagtes in hegtenis vir poging tot moord op polisiebeamptes

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie, insluitend ma en eenjarige dogtertjie, in KZN doodgeskiet

Twee verdagtes is Dinsdagmiddag op Vryheid in hegtenis geneem nadat daar op polisiebeamptes geskiet is.

Vroeër die dag is daar deur twee verdagtes op drie polisiebeamptes, wat op pad werk toe was, geskiet. Die polisiebeamptes het teruggeskiet en die verdagtes het gevlug. Een van die beamptes is in die arms geskiet en is na ‘n hospitaal geneem.

Die verdagtes is opgespoor en hulle het weer op die polisie geskiet. Hulle het hulself daarna aan die polisie oorhandig. Twee pistole en ’n AK-47 is in hulle besit gevind.

Een van die verdagtes se broer, wat in hegtenis geneem is vir die moord op sers. Sakheyedwa Mlambo, sou Dinsdag in die hof verskyn. Een van die offisiere op wie geskiet is, wou sy borgaansoek teenstaan.

Een van die verdagtes is ook glo verbind aan die moord op sers. Mlambo se pa.

Die verdagtes sal 6 April in die Vryheid-landdroshof verskyn.

Bronne: SAPS, Twitter

Lees ook: Drie, insluitend ma en eenjarige dogtertjie, in KZN doodgeskiet