Die 13-jarige Thimna Kuze is saam met haar vriende na bewering na haar oom se huis gelok, waar hy hulle alkohol gevoer het. Sy is verkrag en vermoor.
Lees die vorige berig oor haar dood hier.
Noko Masipa, DA-kiesafdelingshoof van Khayelitsha, sê dit is ‘n gruwelike misdaad en doen ‘n beroep op alle mans om op te staan teen die tipe misdade.
“Die DA is bekommerd dat ten spyte van strukture soos Gemeenskapspolisieforums (GPF), Buurtwagte en straatkomitees wat hard werk om ons veilig te hou, GBV steeds volop in ons gemeenskappe loop. Dit is belangrik dat ons gemeenskappe verantwoordelikheid neem en hierdie misdade by die polisie aanmeld.
“Ons wil graag die Site C-gemeenskap, insluitend kerkleiers, burgerlike bewegings en ander belanghebbendes, bedank wat Thimna se gedenkdiens gister bygewoon het, en ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om voort te gaan om hul ondersteuning aan die familie te gee gedurende hierdie moeilike tydperk.
“Ons doen ‘n beroep op die polisie om alles in hul vermoë te doen om te verseker dat geregtigheid geskied. Die DA sal met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in gesprek tree en berading aan die oorlewende slagoffers en ander mede-leerders versoek.”
*Persverklaring



