Kyk: Juffrou span musiek in tydens klasgee

Deel hierdie storie / Share this story

@channyrobyn het reeds 33 500 volgelinge op TikTok en van haar video’s trek behoorlik aandag.

Robyn Botes is ‘n gr. 2-onderwyseres van Primêre Skool John D Crafford op Beaufort Wes in die Wes-Kaap.

Sy maak gereeld videos’s wat sy op TikTok deel van hoe sy haar leerlinge help om te leer.

Sy gebruik onder meer musiek van die Temple Boys en ander kunstenaars en werk dan die inhoud van haar les by die musiek in.

Op TikTok staan sy bekend as @klankejuffie en haar video’s het intussen viraal geraak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel