Kriek Wildlife Group: wildseisoen in Suid-Afrika groot opgewondenheid vir wildentoesiaste en jagters

Deel hierdie storie / Share this story

Dis weer wildseisoen in Suid-Afrika en Jacques Kriek, van Kriek Wildlife Group, is baie opgewonde oor die oplewing wat die wildbedryf in SA ervaar.

“Dit was ‘n paar taai jare, met Covid spesifiek en die jagters het uitgehonger geraak. Met die reisbeperkings wat gelig is, stroom die oorsese gaste in hulle hordes in. Ons het ‘n paar topskoue gehad en sien klaar ‘n groot oplewing in pryse as gevolg van die vraag en aanbod.”

Matttanu hou op 15 April, 2023, ‘n groot wildsveiling, waar diere op Boma staan en ook aanlyn op gebie kan word. Dié veiling vind by Mattanu plaas op 15 April, waar kopers en jagters verskeie diere op Boma kan bekyk en ook aanlyn kan bie.

Kriek sê tydens Covid het ‘n klomp boere van hulle diere ontslae geraak, hoofsaaklik vir kontantvloei, waar ander geskiet het vir die pot. Nou het Suid-Afrikaners weer die geleentheid om mooi trofeediere te skiet.

“Daar is tans ‘n tekort aan spesies soos Rooibokke, Springbokke, Waterbokke, Rooihartbeeste, Gemsbokke, Elande, Koedoes – dit raak verskriklik duur en ons moes pryse aanpas, want ons kan nie meer die diere aankoop vir die prys waarvoor ons hulle laat jag nie, behalwe as jy fokus op oorsese jagters.”

Hy voorspel ‘n goeie paar jare vir die wildbedryf en is opgewonde oor die diere wat vanjaar op die veiling is.

Die aanlyn veiling begin reeds op 13 April om 08:00 tot 15 April, 11:00 en lesers kan die skakel volg.

Die veiling op Mattanu bied iets vir die hele familie en gaan ‘n lekker gesinsdag wees, met springkastele vir die kinders, gesigverwers, ‘n hanswors, lekker kosstalletjies, ponieritte en quadbike-ritte vir die kinders.

“Ons hou vendusie soos in die ou dae,” sê Kriek.

Kriek is opgewonde oor die diere wat op Boma staan, wat insluit ‘n 21-duim Blesbokram, Rooi Gemsbok, Swart Gemsbok, daar is ‘n Springbokram van 18 5⁄8, Rooibokramme van amper 26 duim, ‘n Elandbul van 41 duim, Sable-bulle, ‘n Buffelkoei van amper 36 duim, met ‘n kalfie. Sable-koeie, Springbokramme vir jag en teel, ‘n Rooihartbeesbul wat se pa 27 ½ duim was, asook die grootste Gemsbok-dogter van Impi, wat 46 3⁄8 is.

Verder is daar beeste, Brangus-stoetdiere, stoetverse en kommersiële verse, ‘n Tuli-bul en verse.

“Die gasverkopers het regtig na die partytjie toe gekom en hulle topdiere op die veiling gesit. Dis ‘n ongelooflike aanbieding,” sê Kriek.

Gasverkopers sluit in Liam Lurry, Tidal Winds, Droogfontein Boerdery, De Dieu, Karoo Experience, Bongela Game Breeders, Bona Bona Breeders, Weltevrede, Mooidraai, Spitzkop Wild, Lasarus Game Farm, Mokholo Wild, Vaalkop Game Lodge, Janla Boerdery, 4 Aces Outfitters, Zwartkloof Adventures, Nuwejaarskraal, Bdumi To Ranch, Ganna Boerdery, Delport Brangus en Wiljada Brangus.

Sien die volledige katalogus hieronder of klik hier om dit af te laai: