Die Kriek Wildlife Group hou op 14 April, 2023, ‘n groot gholfdag ten bate van die Help Jag-organisasie.
Jacques Kriek, van Kriek Wildlife Group, sê hulle het nog altyd ‘n sagte plekke vir die Help Jag-organisasie en vanjaar sal die tweede jaar wees wat dié groep, tesame met Solidariteit en Helpende Hand, ‘n gholfdag ten bate van 8000 kinders hou.
“Die Help Jag-organisasie het goeie verhoudinge met sopkombuise en slaghuise wat wildsvleis vir hulle verwerk om oor die 8000 kinders kos te gee – hoofsaaklik wildsvleis.”
Die gholfdag vind by die Kimberley Gholf-klub plaas en kos R3000 vir ‘n vierbal of R750 per persoon. Dit sluit in ‘n Swagg-gholfhemp, pet, geskenkpakke, halfweghuis en prysuitdeling.
Vir besprekings, kontak die Kimberley Gholf-klub by 053 841 0484, gaan na www.helpjag.co.za of kontak Kriek by 083 235 1993.
Kriek sê die gholfdag was verlede jaar ‘n groot sukses en beloof om dié jaar net so opwindend te wees. “Ons het selfs ‘n helikopter wat balle uitgooi op die 18de put, lekker nat gate, daar is pryse vir closest to the pin, langgate set op 18. Ons laat net 80 gholfers toe.”
Daar is vermaak vir die hele gesin en die dag word afgesluit deur ‘n veiling om 20:00 en daarna ‘n vertoning deur die kunstenaar Appel, wat om 21:00 begin.
Die prys vir die vertoning is R220 per persoon en kan by www.itickets.co.za of by Kriek by 083 235 1993 bespreek word.
“Bring kampstoele en geniet die aand saam met ons. Die vertoning vind by die Flamingo Casino plaas en gaan baie lekker wees.”
Dié opwindende dag word gevolg deur die Kriek Wildlife Group se wildsveiling Sondag, 15 April. Lees meer hier oor dié veiling en nog ‘n lekker gesinsdag wat volg.



