Bure red vasgekeerde uit brandende huis

Deel hierdie storie / Share this story

Een persoon was vanoggend vasgekeer in ‘n brandende huis in Groutville, KwaZulu-Natal en is deur bure gered.

IPSS Search and Rescue is vroeër vandag na die brandende huis ontbied. Met aankoms was die huis in vlamme gehul.

Bure het ‘n sekuriteitshek verwyder om die persoon wat binne vasgekeer was, te red. Die persoon het geen beserings opgedoen nie.

Die bure is vir hulle reddingsaksie geprys.

KDM-brandbestryding was ook op die toneel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel