Polisie skiet vyf vermeende dwelmhandelaars dood

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in KwaZulu-Natal het Saterdag 1 April 2023 vyf vermeende dwelmhandelaars in Durban, KwaZulu-Natal doodgeskiet van wat geglo word ‘n sindikaat is wat agter skietvoorvalle en dwelmverwante misdade sit.

Brig. Athlenda Mathe en kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerders, sê daar is op dwelms en geld beslag gelê.

Dit volg nadat ‘n vermeende dwelmhandelaar Saterdagoggend gedurende ‘n intelligensie-gedrewe operasie in hegtenis geneem is.

Die teendwelm-eenheid was besig om na verdagtes te soek wat aan ‘n moordsaak, wat drie persone, onder andere ‘n kind, gekoppel word. Hulle is Dinsdag 21 Maart 2023 in Springsfield, doodgeskiet. Lede het ‘n voertuig gesien wat ooreenstem met die beskrywing van ‘n voertuig wat gedurende die uitvoering van die misdaad gebruik is.

Tydens die ondersoek, met die verdagte wat in aanhouding is, is polisie na persele in Morningside gelei waar ‘n oor-en-weer-skietery met die teendwelm-eenheid plaasgevind en vyf vermeende dwelmhandelaars doodgeskiet is.

Beslag is op vyf vuurwapens, wat drie gewere en twee pistole insluit, dwelms, asook ‘n onbekende bedrag geld, gelê.

Die verdagte, wat in aanhouding is, word waarskynlik deur klagtes van besit van dwelms, onwettige besit van vuurwapens en besit van ‘n gesteelde motorvoertuig, in die gesig gestaar.

Genl. Bheki Cele, minister van polisie, sê die insident moet ‘n streng waarskuwing aan kriminele stuur.

Hy beskryf dit as ‘n klomp geld en klomp dwelms wat gevind is.

“Well done to all involved, we have been having a challenge of shootings and drug related crimes in KZN and these suspects are believed to be part of the syndicate who have been operating in Durban and surrounding areas. Good work to the team but there is more that still needs to be done, so we are definitely coming for more of them”

Polisie se forensiese deskundiges het die toneel verwerk. Opod was ook op die toneel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel