Drie dood en twee beseer in ongeluk met drie voertuie

Deel hierdie storie / Share this story

Drie persone is dood en twee ander beseer in ‘n ongeluk wat Vrydagaand 31 Maart 2023 op die R34, Utrechtpad, plaasgevind het.

KwaZulu Private Ambulance Service sê met aankoms op die toneel is drie voertuie wat in ‘n ongeluk betrokke was, gevind.

Drie insittendes is noodlottig beseer en het gesterf voordat nooddienste op die toneel aangekom het.

Nog een beseerde is kritiek beseer, terwyl ‘n ander ernstig beseer was.

Hulle is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hosptial vervoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel