Oorskiet-braaivleis is ook ideaal vir dié resep.
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
BESTANDDELE:
1 ui, gekap
15 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, gekap
1 blik keker-ertjies, gedreineer
300 g baba-spinasieblare gewas
gaar boereworsstukke, in happiegroot stukke gesny
200 ml roomkaas met ’n grasuie-geur
8 eiers
METODE:
1 Braai die ui in die olie tot glaserig. Voeg die knoffel, keker-ertjies en spinasie by en braai tot die spinasie sag is. Roer die wors en roomkaas by en verhit tot deurwarm. Skep dit in vier gesmeerde bakkies met ’n inhoudsmaat van 350 ml.
2 Breek twee eiers in elke bakkie, geur dit met sout en peper en bak dit sowat 20 minute of tot deurgaar. Sit dit voor met brood as ’n ligte aandete of selfs vir ontbyt.
Plasing: TIana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



