Die privaat veiligheidsmaatskappy Fidelity ADT het ‘n beloning van R100 000 beskikbaar gemaak vir enigiemand wat inligting kan voorsien om Thabo Bester, wat uit die gevangenis ontsnap het, vas te trek.
Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het ‘n geprioritiseerde ondersoek beveel ná die ontsnapping van Thabo Bester uit die Mangaung-gevangenis.
Thabo Bester, of die sogenaamde Facebook-verkragter, is skuldig bevind aan verkragting en moord. Hy het waarskynlik gedurende Mei 2022 ontsnap terwyl hy ‘n lewenslange vonnis uitgedien het.
Hy sou vroue op Facebook lok met die belofte van ‘n modelloopbaan en hulle dan verkrag en ‘n mes gebruik om hulle te beroof. Hy het ten minste een van die vroue vermoor en is in 2012 skuldig bevind.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



