Nou dat jy swanger is, is daar ’n paar dinge wat jy aan jou leefstyl kan verander om die lewe vir jou en jou ongebore babatjie makliker te maak.
Die moets:
Neem ’n vitamien-aanvulling met genoeg foliensuur. Foliensuur kan ernstige geboortedefekte help voorkom en is noodsaaklik vir die ontwikkeling van jou baba se seunuweestelsel.
Voorgeboorteklasse is nie ’n moet nie, maar dit sal jou en jou lewensmaat help om julle voor te berei vir wanneer die babatjie gebore is.
Eet gesond. Probeer om jou eetgewoontes so aan te pas dat jy al die nodige vitamiene en minerale inkry.
Probeer om steeds aktief te bly, sonder om dit te oordoen. Om gesond te leef, is steeds belangrik. Gaan stap byvoorbeeld twee of drie keer ’n week om die blok of lees hier oor oefeninge wat jy kan doen.
Probeer om kalm en positief bly. Studies toon dat jou emosies ’n effek op jou baba kan hê.
Die moenies:
Hou dadelik op rook, drink en dwelms gebruik. Dié drie dinge kan ‘n vernietigende uitwerking op jou baba se ontwikkeling, veral op sy brein hê, sou jy daarmee voortgaan tydens swangerskap.
Verminder jou kafeïeninname. Dit sluit in koffie, energiedrankies of enigiets met ’n hoë kafeïeninhoud in.
Moenie rou vis, vleis of hoender eet nie. Jy kan voedselvergiftiging of salmonella-infeksie kry.
Moenie enige medikasie drink nie. Baie kan skadelik wees vir jou baba en sy ontwikkeling. Raadpleeg jou dokter as jy oor iets wonder.
Moenie sommer X-strale laat neem nie. Die X-strale kan skadelik wees vir jou baba en sy ontwikkeling.
Dis belangrik om te onthou dat jou swangerskap ’n spesiale tydperk in jou lewe is. Pas jouself op en maak die beste daarvan.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



