‘n Man is na bewering Donderdagoggend te Ntuzuma, KwaZulu-Natal, doodgeslaan.
Reaction Unit South Africa is ongeveer 07:53 na die toneel.
Met aankoms op die toneel is die lewelose liggaam van ‘n man gevind waar dit langs ‘n pad op die grond gelê het.
Daar word beweer dat die man glo in besit was van gesteelde goedere van ‘n besigheid in die nabyheid.
Hy is glo aangekeer en doodgeslaan.
Reaksiebeamptes kon nie bevestig wie vir sy dood verantwoordelik was nie.
Polisie ondersoek die voorval.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



