Lees ook: DA soek meer inligting oor Thabo Bester-onstnapping
‘n Voormalige tronkbewaarder van die Mangaung- korrektiewe sentrum is na bewering verbind met die Facebook-verkragter Thabo Bester.
Bester het glo doodgebrand in sy sel in Mei 2022 maar dit is intussen bevestig dat die liggaam wat in sy sel gevind is nie hy was nie en dat hy ontsnap het. Die polisie het ‘n moordondersoek begin.
Volgens TimesLIVE het een van die tronkbewaarders wat verlede jaar afgedank is in September na bewering vir Bester help ontsnap.
Die bewaarder het glo ‘n maand voor Bester se ontsnapping ‘n splinternuwe Volkswagen gekoop. Daar is glo ook foto’s op sy sosiale media van partytjies en geleenthede wat hy bywoon.
Volgens TimesLIVE het hulle bronne gesê die bewaarder was na aan Bester en het die aand van die brand by die werk opgedaag terwyl hy veronderstel was om van diens af te wees.
Bronne: iOL, Ghanamma, Reddit
Lees ook: DA soek meer inligting oor Thabo Bester-onstnapping



