Thimna Kuze (13) is Vrydag 25 Maart 2023 in Khayelitsha by ‘n vriendin se huis deur vier van haar vriendinne dood gevind.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die oorsaak van die 13-jarige se dood word ondersoek.
‘n Nadoodse verslag het vuilspel aangedui en daarom word die geregtelike doodsondersoek wat aanvanklik oopgemaak is na moord verander.
Khayelitsha-speurders en GKS-eenheid ondersoek die beweerde verkragtingsklagtes. Die ondersoeke duur voort.
Daar is tans geen nuwe verwikkellinge in die moordsaak nie, maar alle leidrade word deur die ondersoekbeampte opgevolg.
Women For Change sê Kuze was glo na ‘n vriendin se huis om saam met nog vriendinne daar oor te slaap. ‘n Vriendin se oom het na bewering drank vir die meisies aangebied.
Die meisies het glo hulle bewussyn verloor van die drank. Daar word beweer dat hulle daarna herhaaldelik verkrag is.
Toe vier van die meisies wakker geword het, het hulle glo gevind dat Kuze nie meer lewe nie en het hulle die polisie verwittig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



