Enrico Snyders (6) is Sondag 26 Maart 2023 oorlede.
Sers. Themba Tshabalala, polisiewoordvoerder, het gesê Enrico is na bewering dood toe hy wegkruipertjie gespeel het. “Hy is in die kattebak van ‘n motor toegesluit en het versmoor. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.”
Laerskool Jan van Riebeeck in Springs, Gauteng, het die reëlings vir sy gedenkdiens op hul sosialemediabladsy gedeel:
1 April 2023 om 11:00
AGS Lofoord, Stasie Cress, Strubenvale, Springs.So
Almal is gevra om blou en wit na Enrico se gedenkdiens aan te trek.
Enrico laat sy ouers en jonger suster wat in dieselfde skool is agter.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



