Peter Chugnwane, 20 maande oud, is sedert Woensdag 29 Maart 2023 van Sapas Farm, Skeerpoort, naby Hartbeespoortdam in Noordwes, vermis.
Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê die kleuer se ma het hom glo ongeveer 07:00 by ‘n oppasser gelaat, waarna sy werk toe is.
Na bewering het die oppasser later die dag glo opgemerk dat die kleuter vermis is vanwaar hy gespeel het.
Sy het hom in die woonbuurt gesoek, maar kon hom nie vind nie.
Met sy ma se terugkoms by die huis is ‘n soektog sonder sukses geloods.
Hy het ‘n maroenkleurige hoodie-tipe sweetpakbaadjie aangehad.
Enigiemand wat weet waar die kleuter is, kan met die ondersoekbeampte, konst. Andrew Bogoshi van Brits-GKS, in kontak kom by 082 557 1904.
Anonieme inliging kan deur die MySAPS-toepassing aangemeld word, of alternatiewelik op die Stop Misdaad-nommer 08600 10111.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



