Man (81) beseer tydens aanval in plaashuis

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (81) is Saterdag 25 Maart 2023 ongeveer 17:30 op ‘n plaas in Contermanskloof naby Durbanville in die Wes-Kaap aangeval en van sy besittings beroof.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die Durbanville-polisie is deur sekuriteitswagte ingelig dat hulle ‘n man met ‘n kopwond en vol bloed langs die Contermanskloofpad gevind het. Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Later is uitgevind dat die man binne sy huis op ‘n plaas aangerand en van sy besittings beroof is. Hy is na bewering deur twee onbekende verdagtes met ‘n onbekende voorwerp binne sy huis aangeval.

Dit is onbekend hoe toegang tot die huis verkry is. Die polisie het bloed op die toneel gevind. Beslag is gelê op ‘n byl en messe met bloed daarop. Die kamers was geplunder.

Die verdagtes het in die rigting van Du Noon gevlug.

Die Durbanville-polisie ondersoek ‘n saak van huisroof.

Enigiemand met inligting oor die insident kan die Stop Misdaad-nommer kontak by 08600 10111.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel