Jong meisie (9) deur motor raakgery

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: KYK: Vrou wat beweer sy is ontvoerde Maddie praat met Dr. Phil

‘n Negejarige meisie, Kathrine, is Dinsdagoggend deur ‘n motor raakgery en is in die Netcare Krugersdorp-hospitaal opgeneem.

WAS Foundation, ‘n nie-winsgewende organisasie, het Dinsdag gesê dat hy tot verdere kennisgwing gesluit sal wees ná die nuus van die voorval. Kathrine se ma, Riekie, is by die organisasie betrokke.

In opvolgplasings het die WAS Foundation gesê klein Kathrine is ernstig beseer toe sy deur ‘n motor raakgery is. Sy het onder andere ‘n gebreekte kakebeen en interne bloeding.

Die organisasie doen ‘n beroep op gemeenskapslede en weldoeners om die gesin te help met mediese onkostes. Kathrine se gesin het nie ‘n mediese fonds nie, en daarom moet alle mediese onkostes uit die gesin se sak gedek word. Teen Dinsdagaand omstreeks 22:00 is meer as R40 000 reeds ingesamel om die gesin te help.

Klik hier vir meer inligting of besoek die WAS Foundation se Facebook-blad.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel