Twee dokters dood toe man glo eers vrou en toe homself skiet

Deel hierdie storie / Share this story

Mainfred Shikwambane (35), ‘n dokter van Polokwane, het gister 27 Maart 2023 na bewering eers Tshimangadzo Muofhe (32), sy vrou, ook ‘n dokter, geskiet voordat hy homself geskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo sê die man was verbonde aan die Donald Frazer-hospitaal en sy vrou by die provinsiale hospitaal, beide in Thoyoandou, Limpopo.

Hulle liggame is deur ‘n familielid ontdek. Die familielid, wat van Vembe gekom het, het die polisie in kennis gestel.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat die paar glo vroeër die dag ‘n woordewisseling gehad het en weer in die middag toe die voorval waartydens beide geskiet is plaasgevind het.

Die motief vir die voorval is onbekend, maar Mojapelo sê huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, het mense aangeraai om hulp te soek wanneer hulle huishoudelike geweld ondervind om hul probleme uit te sorteer in stede van hul eie lewens te neem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel