Ses mense, drie kinders en drie personellede, is dood nadat ‘n voormalige student by die skool in Nashville, Tennessee, met ‘n vuurwapen by die skool opgedaag en begin skiet het.
Drie van die slagoffers was kinders onder die ouderdom van nege jaar oud aan die Covenant School. Die kinders is intussen as Evelyn Dieckhaus, Hallie Scruggs and William Kinney geïdentifiseer. Die volwassenes is Cynthia Peak (61), Katherine Koonce (60) and Mike Hill (61).
Die Christelike privaatskool het ongeveer 200 leerlinge.
Die 28-jarige verdagte, voorheen ‘n student by die skool, het glo kuns aanlyn as ‘n transgender-kunstenaar verkoop.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



