LEES OOK: Nick Frischke na n maand steeds vermis
Stamhoof Clyde Mnisi (37) van Bohlabela in die Ehlanzeni-distrik is noodlottig langs die Kruger-Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geskiet. Die voorval het Mondagaand, Sondag 26 Maart 2023 om 23h10 op die Lughawepad naby Witrivier plaasgevind. Sy bestuurder het ’n paar beserings aan die been opgedoen nadat hy tydens hierdie voorval geskiet is, maar hy het oorleef om die lot te vertel.



