Rudi Claase, SA-sanger en liedjieskrywer, het ‘n video-opname op sy Facebook-blad geplaas vir hulp en raad.
Volgens hom het hy reeds ongeveer agt weke gelede weer ‘n revisieprosedure weens ‘n hiatusbreuk ondergaan.
Claase sê hy word net nie gesond nie.
Voor die operasie, tydens toediening van narkose, het hy glo ‘n allergiese reaksie getoon. Hy het gesê iets is fout, maar daar is steeds geopereer toe hy onder narkose was.
Hy moes later van ‘n fisioterapeut verneem dat sy longe tydens die operasie platgeval het.
Claase ondervind asemnood en pyn. Hy kry seer om te sing en noem hoe sy gewig wipplank ry.
Claase vra of mense dink hy oorreageer en of iemand verantwoordelik gehou moet word.
Hy vra hulp.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



