Theuns Jordaan-bord in FAK-liedjietuin onthul

Deel hierdie storie / Share this story

Vrydagmiddag was ‘n baie spesiale oomblik toe Willie sy seun, Theuns Jordaan, se bord in die FAK Liedjietuin by die Voortrekkermonument onthul het.

Willie sΓͺ hy het nie vir Theuns Jordaan die sanger geken nie. β€œEk het net vir Theuns geken, my kind. My seun… My trots… My verlange.” Hy vertel hoe sy huis tot as afgebrand het, toe is Theuns oorlede en ‘n paar dae later tannie Maryna. Dan getuig hy met die waardigheid en rustigheid van n gelowige Karooboer: “God is goed. Die Here het my getroos en gedra. Ek het opgestaan.”

π‘‰π‘Ÿπ‘’π‘’π‘šπ‘‘π‘’ π‘†π‘‘π‘Žπ‘‘ is die eerste lied wat Theuns geskryf het toe hy van Stellenbosch af Pretoria toe getrek het.

β€œDis ’n eensame lied,” vertel oom Willie. β€œDis ’n bang lied, bang vir hierdie vreemde stad en wat op hom wag.”

Die naweek het 18 000 mense op Loftus bymekaargekom om Theuns Jordaan se musiek te vier. Van die verhoog was dit werklik ‘n indrukwekkende gesig en belewenis. Oom Willie het iets van die Vreemde Stad se hartklop en omgee ervaar. – Danie Langner

“Tussen stegies en geboue

In Burnettstraat se oggendkoue

Word die wedloop tot stop gedwing

Dan kom die stilte wat jou huis toe wil bring.” (Die slotvers van Vreemde Stad).

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel