Ouma, oupa en kleindogter (4 maande) dood in kop-aan-kop op Middelburg

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf mense is dood, insluitend ‘n babadogter van vier maande oud, in ‘n kop-aan-kop-botsing wat Sondagmiddag op die N11 in Hendrina, Middelburg, plaasgevind het.

Nog twee persone het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen.

ER24-paramedici was saam met die polisie en ander nooddienste op die toneel waar ‘n baba van vier maande oud en haar grootouers dood is. Die 23-jarige ma is lewend, maar ernstig beseer, op die toneel aangetref. Sy is op die toneel behandel voor sy na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die oupa het glo bestuur, terwyl die ouma agter by die baba gesit het.

Drie mans wat in die tweede voertuig was, is almal vermoedelik in hulle 30’s. Al drie is ernstig beseer en ook op die toneel behandel voor hulle na ‘n hospitaal geneem is vir verdere sorg. Die twee mans wat in ‘n kritieke toestand was, is later in die hospitaal oorlede.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die saak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel