Veronique Thea Dreyer (13) van Brakpan, Gauteng, is sedert Sondag 26 Maart 2023 vermis.
Sy is laas gesien toe sy by die huis uitgestap en te voet verdwyn het.
Sy het een bruin oog (links) en een blou oog (regs), is 1.4 m lank en weeg 56 kg. Op die dag van haar verdwyning was sy in ‘n ligblou denimbroek en ‘n perskekleurige/pienk baadjie geklee en het ‘n rooi rugsak by haar gehad.
Indien jy weet waar sy haar bevind, kan die volgende nommers gekontak word:
Brakpan-SAPD 011 744 7100
911 South Africa – 069 445 1870, 074 402 7542
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



