‘n Man van Windemerepad in Durban, KwaZulu-Natal veg vir sy lewe na hy in die vroeë oggendure van Sondag 26 Maart 2023 met ‘n skerp voorwerp aangerand is.
Emer-G-Med en Netcare 911 het is na middernag Sondagoggend saam na ‘n aanrandingstoneel waar die man met verskeie steekwonde aangetref is.
Hy het ‘n hartstilstand ondervind. Gevorderde lewensondersteunende KPR is suksesvol toegepas, waarna hy vir verdere mediese bystand na ‘n nabygeleë hospiaal geneem is.
Omstandighede van die insident en wat vooraf plaasgevind het, is nie duidelik nie, maar vorm deel van ‘n polisie-ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



